Daar is geen hoop vir brandstofprys-verligting nie

Enige moontlike verligting in die brandstofprys, wat vandag styg, blyk om ook buite bereik te wees vir Mei-maand. Met die dreigement van nuwe sanksies teen Rusland as gevolg van die dooie burgerlikes wat in Bucha in die Oekraïne aangetref is, het Brent weer begin styg nadat die kommoditeit teen Maandag om 12-uur op 103 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel het. Op die oomblik kos Brent rondom 108 dollar en 50 sent ‘n vat. Iran se kernkraggesprekke het ook volgens berigte tot stilstand gekom en Iran blameer Amerikaanse owerhede vir die staking van die samesprekings.