Job & Bernadus se sake weer in die hof vandag

Daar is twee hoë-profielsake in die hoërhof vanoggend. In die saak voor regter Shafimana Ueitele, daag die leier van die LPM Bernadus Swartbooi die speaker van die Nasionale Vergadering en ander uit om die beslissing om hom en sy adjunk Henny Seibeb te laat verhoor deur die parlementêre staande komitee oor voordele, na die chaos van verlede jaar se staatsrede uit. Die saak kom net voor as ‘n status verhoor om te bevestig dat saakbeplanning in Mei sal plaasvind. Die ander saak is Job Amupanda se sogenaamde rooilyn-saak teen die minister van landbou. Amupanda eis dat die veterinêre kordonheining verwyder word omdat dit diskrimineer teen swart boere. Dit volg na vleis op 17 Mei verlede jaar by Oshivelo gekonfiskeer is toe hy vanaf Omuthiya terug Windhoek toe gereis het.