Anthony Joshua teen Tyson Fury in diebokskryt op 3 Desember

Boks: Anthony Joshua van Brittanje het die bepalings vir ‘n geveg op 3 Desember teen sy landgenoot Tyson Fury aanvaar en wag nou vir die Wêreldboksraad se swaargewigkampioen om dié kragmeting kontraktueel vas te maak. Volgens Joshua se promotor het hulle reeds laas Vrydag die bepalings wat Fury se span voorgelê het, aanvaar. Hulle het egter weens koninging Elizabeth se dood besluit om toe eers alle aankondigings daaroor te staak. Joshua het verlede maand in Saoedi-Arabië ‘n tweede agtereenvolgende nederlaag teen die Oekraïnse bokser Oleksandr Usyk gely.