Miami-gebou: Elf dood, 150 steeds vermis

Ten minste elf mense is dood en 150 word vermis ná die woonstelgebou in Miami in die VSA verlede week ingetuimel het. Reddingwerkers soek onverpoosd sedert die tragedie ses dae gelede plaasgevind het en sê hulle het steeds nie moed opgegee om meer oorlewendes te vind nie. Meer as 136 mense het die ramp oorleef. ‘n Voorlopige ondersoek na die oorsaak van die ramp is reeds aan die gang, aangesien die strukturele integriteit van die gebou bevraagteken word.