DA verwelkom skorsing van Tembisa-hospitaalbeamptesAugust 10, 2023
Die DA in Gauteng verwelkom die skorsing van die nege amptenare by die Tembisa-hospitaal wat onlangs nog gewerk het, al het die Spesiale Ondersoek-eenheid in Desember verlede jaar aanbeveel hulle moet gedissiplineer word weens die onreëlmatige toekenning van kontrakte aan bedrieglike ondernemings. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die premier, Panyaza Lesufi, is hulle as voorsorgmaatreël geskors, maar hy kon nie die datum waarop hulle geskors is, bevestig nie.