Amerikaanse ekonomie krimp van April tot Junie met 0,6% 

Die Amerikaanse ekonomie het van April tot Junie teen ‘n jaarlikse koers van 0,6 persent gekrimp, ‘n meer matige inkrimping as wat oorspronklik geraam is, het hersiene syfers getoon. Die departement van handel het vandag in sy eerste hersiening gesê dat die bruto binnelandse produk verlede kwartaal teen ‘n 0,6 persent jaarlikse koers gekrimp het, eerder as die voorheen geraamde daling van 0,9 persent. Tog het die hersiene syfers ‘n tweede agtereenvolgende kwartaal van ekonomiese inkrimping bevestig, wat aan een informele teken van ‘n resessie voldoen. Die ekonomie het in die eerste kwartaal teen ‘n koers van 1,6 persent gekrimp.