DA veroordeel regering se gesamentlike militêre oefening met Rusland

Die DA het die regering se optrede en verdedigingsprioriteite sterk veroordeel. Die party sê dit beeld Suid-Afrika uit as ‘n land wat die kant kies van Russiese oorlogsmisdadigers. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het onlangs gesamentlike militêre oefeninge met China en Rusland in Durban uitgevoer. Kobus Marais van die DA sê die land het ‘n nuwe laagtepunt op die internasonale verhoog bereik wat die gevaar om op die gryslys te kom, verhoog.