Zimbabwiese President vra vir beleggings

Zimbabwe se President Emerson Mnangagwa doen ‘n beroep op beleggers om die land se reuse-beleggingsmoontlikhede aan te gryp en negatiewe persepsies oor risiko’s te laat vaar. Mnangagwa was ‘n gasspreker by die Africa Investment Forum Market Days-byeenkoms in Abidjan, Ivoorkus. Zimbabwe, wat voor 2000 ‘n selfonderhoudende voedselprodusent was en ‘n belangrike uitvoerder van koring, tabak en mielies aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, ander Afrikalande en ander dele van die wêreld, het sy uitvoere sien ineenstort. Voor 2000 was landbou verantwoordelik vir 40 persent van al Zimbabwe se uitvoere. Dit het in 2010 gedaal tot twee persent.