Ekonoom: Namibiese ekonomie gaan aanhou groei in 2022 

Die Namibiese ekonomie het in 2021 met 2,7 persent gegroei, vergeleke met ‘n voorlopige groei van 2,4 persent volgens die jongste nasionale rekeninge wat vandag deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Dit is hoofsaaklik ondersteun deur groei in die primêre en tersiêre sektore, terwyl die sekondêre sektor ‘n enkelsyfer-inkrimping aangeteken het, in teenstelling met dubbelsyfer-inkrimpings in vorige jare. Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm in Windhoek sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ekonomie sal bly groei in 2022.