DA: Stuit inmenging by Eskom

Die DA hou vol die aanstelling van die nuwe Eskom-direksie word oorskadu deur die ontplooiing van ‘n ANC-kader, die voormalige vakbondleier, Bheki Ntshalintshali. Die party glo die nuwe raad kan doeltreffend wees in die verwesenliking van sy doelwitte, mits politieke inmenging deur die regering gestuit word. ʼn Woordvoerder van die DA, Ghaleb Cachalia, glo ‘n radikale oplossing is nodig om die ergste krisis wat die land in die gesig staar reg te stel. Cachalia doen ‘n beroep op die nuwe direksie om die uitdagings in elektrisiteitsvoorsiening te bowe te kom en om beurtkrag te beëindig.