IPC: Prioritiseer basiese behoeftes van Namibiërs

Die Independent Patriots for Change het gereageer op Namibië wat digitaal ver agter is en uiters swak vaar in digitale lewenskwaliteit. Die land het die 103de posisie uit 114 lande wêreldwyd in die jongste peiling van die virtuele private netwerkverskaffer Surfshark behaal. Die peiling kyk na internet-gehalte, e-regering, e-infrastruktuur, internet-bekostigbaarheid en e-sekuriteit. Met betrekking tot bekostigbaarheid het die land ook vanaf 62ste plek tot 96ste plek gedaal. Die IPC se sekretaris-generaal, Christine Aochamus, sê Namibië moet eers die basiese behoeftes van ons mense priotiseer voordat daar op kan digitalisering gefokus word.