DA: Storting van mangaan-ersstowwe is ‘n tikkende tydbom

Die DA in die Oos-Kaap sê inwoners wat in die Markman-nywerheidsgebied in Nelson Mandelabaai woon en werk, staar ‘n tikkende tydbom in die gesig. Dit is as gevolg van die storting van mangaan-ertsstowwe. Die DA-lid, Annette Lovemore, sê die stad weier om die erns van die situasie bekend te maak.