Botswana stel ook verbod in op beweging van gesplete hoefdiere

Botswana het ook nes Suid-Afrika, ‘n verbod ingestel op die beweging van gesplete hoefdiere in die land, weens vermoedelike bek-en-klouseer in die noordooste van die land. Alle vervoerpermitte is volgens ‘n mediaverklaring van Botswana se landbou-ministerie opgehef, asook die slag van diere by slagpale. Die uitvoer van gesplete hoefdiere, beesvleis, vars vleis en rou diereprodukte uit Botswana is opgehef tot verdere kennisgewing.