DA: Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag moet bekend gemaak word

Die Demokratiese Alliansie sê Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, vertraag geregtigheid vir kinders sonder noodsaaklike hulpbronne deur nie die Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag bekend te maak nie. Lesufi het die verslag verlede maand ontvang, maar nog nie reageer op die DA se versoek om dit bekend te nie. Die party se woordvoerder, Khume Ramulifho, sê die publiek het die reg om te weet wat gebeur het met die meer as 431 miljoen rand van belastingbetalers se geld wat binne drie maande op die ontsmetting van skole vermors is.