Vrystaatse vrou verskyn op bedrogklag van meer as halfmiljoen rand

‘n Vroulike beskuldigde het in die landdroshof op Welkom in die Vrystaat verskyn op aanklagte van bedrog ter waarde van meer as 500 000 rand. Jeanette Jordan het in April 2017 vals tenderdokumente van die departement van gesondheid gebruik om geld by ‘n welgestelde persoon te leen en sy kon dit nie terugbetaal nie. Die Valke se woordvoerder, Christopher Singo, sê die slagoffer het ‘n algehele verlies van 510 000 rand gely.