DA sê Stad Johannesburg is reg vir verandering

Die DA het ‘n saamtrek in Johannesburg gehou in aanloop tot Maandag se verkiesing. Die party se burgemeesterskandidaat, Mpho Phalatse, het tydens die geleentheid gesê die stad is reg vir ‘n verandering. Daar is ook planne aangekondig om dienslewering weer op koers te kry. Phalatse sê sy het onlangs verskeie gemeenskappe besoek om na inwoners te luister.