Minister Leon Jooste verdedig TransNamib in NV

TransNamib is onlangs daarvan beskuldig dat die maatskappy werknemers gaan aflê. Die beskuldiging is deur die bestuur van TransNamib ontken en het weer die verwante vakbond, Natau, van onverskilligheid beskuldig nadat ‘n landwye staking plaasgevind het. Vrae is selfs in die Nasionale Vergadering aan die minister van staatsondernemings, Leon Jooste gevra. Jooste het TransNamib se bestuur se sentimente beaam en gesê dit is besig met ‘n vrywillige proses van afleggings.