DA sê Sassa-diens vou in Tshwane

Die DA sê die Nafkok Sassa-kantoor in Soshanguve, Tshwane, kan nie die aantal mense bedien wat elke maand gedwing word om daar in die ry te staan om toegang tot hul toelae te verkry nie. Die DA-lid, Bridget Masango, sê wat die party by die kantoor gesien het, is ‘n simptoom van die huisbesoek-verbod wat tydens die Covid-19-pandemie in werking gestel is en nog opgehef moet word: