Boucher gesels oor uittrede

Die hoofafrigter van die Proteas, Mark Boucher, tree na aanstaande maand se T20-Wêreldbekertoernooi in Australië uit. Boucher het die Proteas tot die tweede plek op die punteleer in die Wêreldtoetskampioenskap gevoer, maar min toetskrieket lê die volgende jaar vir Suid-Afrika voor. Na wat berig word sal die 45-jarige Boucher die hoofafrigter wees van die MI Cape Town-konsessie in die nuwe SA20-kompetisie. Hy sê sy liefde en passie vir toetskrieket is onveranderd: