Osona Village kry sonkrag-aanleg

Osona Village, net buite Okahandja, sal ‘n 36-megawatt sonkrag-aanleg kry, mits die aansoek vir ‘n omgewingsklaring-sertifikaat deur die Environmental Compliance Consultancy goedgekeur word. Daar was onlangs, veral in die winter, klagtes deur inwoners van die ontwikkeling, van gereelde kragondebrekings. Environmental Compliance Consultancy vra belanghebbendes om as rolspelers te registeer om sodoende insette in die omgewings-proses te kan lewer. Registrasie begin vandag en loop op 27 September ten einde. Die maatskappy sê die sonkrag-aanleg sal aan NamPower substasie gekoppel word.