DA sê onwettige skrootmetaal moet as misdaad verklaar word

Die DA sal Donderdag sy stryd om openbare infrastruktuur te beskerm na die Parlement neem. Die party doen ‘n beroep vir ‘n dringende debat in die Nasionale Vergadering om die wydverspreide diefstal en opsetlike beskadiging van openbare infrastruktuur te stuit. Die DA-lid, Mat Cuthbert, sê die optrede van misdaadsindikate en onwettige handelaars in skrootmetale is gelykstaande aan hoogverraad en moet gestraf word. Cuthbert versoek die regering om sy benadering te heroorweeg, aangesien dit ‘n misdaadprobleem is en nie ‘n handelsbeleidskwessie nie: