Serena wen, tree nog nie uit nie… maar, daar’s reeds hulde aan haar

Die 23-malige grand slam-kampioen, Serena Williams, is deur na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Die 40-jarige speler het Danka Kovinic van Montenegro met 6-3 en 6-3 geklop. Onder die rekord-skare van 29 402 op die Arthur Ashe-stadion, was Amerika se oudpresident Bill Clinton en die bokser Mike Tyson. Williams, wat na die toernooi uittree, speel môre in die tweede ronde teen die tweede gekeurde Estlander, Anett Kontaveit. Die legendariese tennisspeler Billie Jean King het na die wedstryd hulde gebring aan Williams, en haar as vreesloos beskryf: