Britse hond vind meer as 6 000 gholfballe

Gholf: Internasionale liefdadigheidsorganisasies wat fokus op die ontwikkeling van jong spelers, trek voordeel uit die manewales van ‘n Britse hond met ‘n voorliefde vir gholfballe. Die cavapoo, Marlo, is mal daaroor om verlore balle op ‘n baan in Londen te versamel en het tot dusver meer as 6 000 gevind. Dit het ses jaar gelede begin toe hy sy eienaar, Charles Jefferson, vergesel en ‘n splinternuwe bal in die bosse gevind het. Jefferson skenk die balle aan DP World, wat dit dan skenk aan organisasies soos die Suid-Afrikaanse Gestremde Gholfvereniging.