DA sê ‘n Sassa-kantoor is sedert November gesluit  

Die DA sê die Sassa-kantoor in Soshanguve wat groot dele van Tshwane bedien, is sedert November effektief gesluit. ‘n Groot aantal probleme kom voor, wat insluit ‘n agterstand met nuwe aansoeke wat sedert Oktober nie vasgelê is nie. Hulle het ook geen kaarte in voorraad nie. Bridget Masango van die DA sê die stelsel is sedert November af, wat beteken dat Sassa-amptenare geen werk kon doen nie.