Afghane wil hê prins Harry moet verhoor word

Talle Afghane vra prins Harry van Brittanje moet verhoor word oor onthullings in sy nuwe boek dat hy 25 mense doodgemaak het terwyl hy in Afghanistan geveg het. Die prins het twee keer in dié Midde-Oosterse land diens gedoen. Hy skryf hy het nie aan sy slagoffers as mense gedink nie, maar eerder as skaakstukke. Mullah Abdullah, wat nege familielede verloor het in ‘n Britse lugaanval in 2011, wil hê die internasionale gemeenskap moet Harry straf. Soldate sê ook hulle maak nie merke op geweerkolwe nie en die onthulling kan Harry se persoonlike veiligheidsrisiko verhoog.