DA sê landbouamptenare is onbekwaam

Die DA sê dit is nie ‘n verrassing nie dat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling belas is met een van die grootste aantal ongekwalifiseerde senior amptenare. Hy voeg by dit word ook weerspieël in die getal uitdagings wat die departement in die gesig staar. Noko Masipa van die DA sê die party het die mislukkings gesien in die bestuur van die Presidensiële Indiensnemings-aansporingsprogram, die uitbreking van bek- en klouseer, die swak bestuur van oorhoofse bio-sekuriteit en ‘n gebrek aan diere-entstof.