DA sê KZN-polisie is nie voorbereid op onluste nie

Die DA in KwaZulu-Natal sê na gesprekke met die polisie, is dit duidelik hulle is glad nie voorbereid op moontlike onrus in die toekoms nie. Sowat twee-miljoen mense het hul werk verloor weens die gewelddadige onrus wat KwaZulu-Natal en dele van Gauteng verlede jaar tot stilstand gedwing het. Die oproer het 350 mense se lewens geëis, die meeste van hulle in KZN. Andrew Whitfield van die DA sê die polisie het sedert die onrus nog geen bykomende hulpbronne ontvang nie: