BoN en Angolese sentrale bank sal saamwerk

Namibië en Angola het ooreengekom om saam te werk aan die ontwikkeling van digitale betaalmetodes, insluitend digitale geldeenhede sowel as kripto-bates. Die nuus kom na die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab met sy Angolese eweknie Jose de Lima Massano, vergader het. Die twee sentrale banke het ook ooreengekom om handel tussen die twee lande verder te verbeter deur ooreenkomste in verband met oorgrensbetalingstelsels te gebruik.