Wallaby-kaptein Hooper uitgelaat teen Bok-toetse

Rugby: Die Wallabies se afrigter, Dave Rennie, het ‘n groep van 35 spelers aangewys vir die Rugby-kampioenskapstoetse teen Suid-Afrika in Adelaide en Sydney. Die kaptein, Michael Hooper, is steeds afwesig weens geestesgesondheidsredes ná sy onttrekking aan die toetse teen Argentinië. James O’Connor is uitgelaat ná hul nederlaag van 47-17 teen die Pumas, en die veteraan Bernard Foley is in ‘n verrassende wending terug in die span. Die 32-jarige Foley keer die eerste keer terug sedert die Wêreldbeker-toernooi van 2019