DA sê hy dwing Ramaphosa om wysigings aan handboek te onttrek

Die DA sê hy het sy stryd gewen en President Cyril Ramaphosa gedwing om voorgestelde wysigings aan die ministeriële handboek terug te trek. Die president het ná hewige openbare kritiek die omstrede wysigings laat vaar, waarkragtens belastingbetalers miljoene meer sou moes opdok vir ekstra voordele aan ministers en adjunkministers. Leon Schreiber van die DA sê die party het ook onthul dat daar volgens die nuwe handboek byna twee keer soveel ANC-kaders in ministeriële kantore ontplooi sou kon word, wat die publiek jaarliks minstens 87 miljoen Suid-Afrikaanse rand meer uit die sak sou jaag: