Belastingbetaler betaal miljoene om Trump se eiendom te beskerm

Die Amerikaanse geheime diens wat volgens wet verplig is om die president en sy gesin te beskerm, het tydens Donald Trump se bewind 25,24 miljoen Namibiese dollar by Trump-eiendomme in Amerika bestee. Dit is volgens rekords wat die Demokraat-geleide Huis se oorsigkomitee bekom het as deel van sy ondersoek na Trump se botsende belange. Die komitee-voorsitter, Carolyn Maloney, sê die buitensporige bedrag wek kommer oor Trump se onderhandelings en kon moontlik ‘n meevaller uit belastingbetalersgeld beteken vir die voormalige president se sukkelende sakeondernemings.