DA sê EFF besetting van Tshwane se distrikskantoor moet aangespreek word

Die DA in Gauteng is baie bekommerd omdat lede van die EFF die provinsiale Departement van Gesondheid se distrikskantoor in Tshwane beset en 200 werknemers gedwing het om uit te stap. Die party sê die probleme het drie weke gelede begin toe ongeveer 40 EFF-lede hulle in die voorportaal van die Fedsure-gebou tuisgemaak en personeel begin teister het. Jack Bloom van die DA sê die EFF-lede eis werksgeleenthede en weier om pad te gee, en sommige van hulle slaap snags in die gebou: