Alcaraz mik vir die top-drie

Die wêreld-nommer-ses, Carlos Alcaraz, sê dit sal goed wees om die jaar in die top-drie af te sluit, maar sy hoofdoel is om vir die ATP-eindronde te kwalifiseer. Die Spanjaard maak hierdie week sy debuut by die Hamburg Europese Ope waar hy die eerste keer as top-gekeurde aan ‘n ATP-toernooi sal deelneem. Die 19-jarige speler het ‘n uitstekende seisoen beleef en vier titels opgeraap wat hom ‘n gesamentlike voorloper maak. Alcaraz sal vanmiddag in sy aanvangswedstryd in Duitsland teen die ongekeurde Duitser Nicola Kuhn te staan kom.