DA ruk op na Luthuli-huis oor kragkrisis

Die DA-parlementslid, Natasha Mazzone, sê vandag se optog na Luthuli-huis is ‘n boodskap aan die ANC dat Suid-Afrikaners moeg is vir die kragkrisis. Sy sê dit is tyd om tasbare oplossings vir die probleem te vind. Volgens Mazzone is die DA se optog nie goedkoop politiek nie, eerder aangespoor deur hul kommer oor Suid-Afrikaners. Sy voeg by dit is tyd om minder te praat en meer te doen.