Japan: Ergste koue in dekade  

Die weerdiens in Japan waarsku dat temperature oor die land heen tot die laagste in ‘n dekade kan daal. Dit het ‘n impak op vervoer en veroorsaak dat waterpype vries. Mense word aangeraai om hulle voor te berei op swaar sneeu en uiterste koue, en om nie uit te gaan nie. In die stad Mohe in China is temperature van minus 53 grade Celsius aangemeld, die koudste sedert 1969.