DA ruk glo nalatige sterfte-syfers uit verband

Die departement van gesondheid in Gauteng sê hy wil die DA se misleidende en opspraakwekkende mediaverklaring regstel, waarin voorvalle wat pasiënte se veiligheid in gevaar gestel het aan mediese nalatigheid toegeskryf is. Sulke voorvalle is ‘n gebeurtenis of omstandigheid wat ‘n pasiënt skade kon berokken het, of wel skade veroorsaak het weens die gesondheidsorgdienste wat gelewer is, en nie as gevolg van ‘n onderliggende gesondheidstoestand nie. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê 6 910 sulke voorvalle is in die 2020/21-boekjaar aangeteken en 28 is verwys om dissiplinêr verhoor te word.