Charlotte Maxeke-hospitaal se skakelbord langer as ‘n week buite werking

Die DA in Gauteng sê die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal het omtrent 800 binne-pasiënte en duisende buite-pasiënte, maar die hospitaal se skakelbord is al langer as ‘n week stukkend. Jack Bloom van die DA sê bekommerde familielede kan nie vasstel hoe dit met hulle geliefdes gaan nie, en pasiënte kan nie departemente bel vir inligting en afsprake nie.