China Town-beskuldigdes pleit op 8 Augustus

Die twee omstrede lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, en ses ander beskuldigdes sal volgende week op 4 Augustus pleit op die aanklagte teen hulle. Hulle staar verskeie klagte in die gesig wat insluit aanhitsing tot openbare geweld, betreding en aanranding, nadat hulle amok in China Town in die hoofstad gemaak het. Staatsaanklaer Arrie Husselmann het tydens vandag se hofverrigtinge in die Windhoekse landdroshof in Katutura aangedui dat die staat, sowel as die verdediging van die beskuldigdes op 4 Augustus ooreengekom het om te pleit. Amushelelo en Nauyoma is op 24 Mei ‘n formele aansoek borg in die landdroshof geweier.  Die twee gaan ook môre voort met ‘n aansoek in die hoërhof waarin hulle sal probeer appelleer teen landdros Masule Kwizi se weiering om borgtog aan hulle toe te staan. Die twee is sedert 12 en 13 Mei in aanhouding.