DA: Omgewingsminister traag om Wes-Kaapse waterbronne te beskerm

Die DA in die Wes-Kaap sê hy het ‘n parlementêre antwoord ontvang waarin die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, haar departement se verantwoordelikheid vir die bestuur van riviermondings-bestuursplanne ontduik. Die DA-lid, Cayla Murray, sê die daarstelling van hierdie planne is noodsaaklik om te verseker dat daar ‘n balans is tussen menslike bedrywighde en die bewaring van riviermondings in ooreenstemming met die Nasionale Bioverskeidenheids-evalueringsverslag.