Opruiming by Wernhil begin ná oorstroming

Opruimingswerk is by die Wernhil-winkelsentrum in die Windhoekse sentrale sakekern aan die gang sodat winkels so gou as moontlik weer sake kan doen. Die winkelsentrum het oorstroom ná die hewige reënbui en haelstorm Woensdagnamiddag. Winkel-eienaars is besig om hul skade te beraam en skoonmakers het deurnag gewerk. Sven Thieme, voorsitter van die O&L-groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe dit vandag daar lyk en hoe lank sal dit neem om skoon te maak.