DA: Meer as 8 000 vuurwapens by SAPD gesteel

Volgens die DA is altesaam 889 privaat en meer as 8 000 polisie-vuurwapens sedert 2011/2012 gesteel terwyl dit onder beheer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was. Slegs vyf mense is suksesvol skuldig bevind aan hierdie misdade. Volgens die party-lid, George Michalakis, kon slegs 5 385 vuurwapens teruggevind word. Michalakis het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om ‘n strategiese hersiening van die polisie uit te voer en te verseker dat dit geskik is om misdade te voorkom en alle burgers te beskerm.