Sewe-jarige seun hang homself glo by Omaruru

‘n Sewe-jarige seun het homself na bewering in ‘n houtskuur naby sy gesin se huis by Omaruru opgehang. Inspekteur Ileni Shapumba, bevelvoerder van Erongo-gemeenskapsake, sê die seun, sy ouers en jonger twee broers en susters het hul daaglikse inspeksie by hul bokkraal gaan doen. Hulle het ontdek dat ‘n bok gesteel is. Toe die ouers besluit om die verdagtes se spore te volg, wou die drie kinders saam met hulle gaan, maar die ouers wou dit nie toelaat nie. Die sewe-jarige seun was glo ongelukkig om agter te bly. Shapumba sê met die ouers se terugkeer het die vyfjarige seun hulle na die houtskuur naby hul huis geneem waar hulle die sewe-jarige seun se liggaam gevind het wat gehang het. Geen gemene spel word vermoed nie en ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word.