DA-leier soek dringende oplossing vir kragkrisis

Die DA-leier, John Steenhuisen, het aan President Cyril Ramaphosa geskryf om ‘n dringende vergadering aan te vra oor Eskom en die groeiende kragkrisis, waarin Suid-Afrika tans op fase 6 is tot verdere kennisgewing. Steenhuisen sê beide die DA en talle energiekenners het oplossings voorgestel soos die ontbondeling van Eskom in afsonderlike transmissie-, verspreiding- en opwekkings-entiteite en om die mark oop te stel vir privaat kragvervaardigers om krag op te wek.