Action SA vaar uit oor oudit-verlag van Tshwane

ActionSA sê die veelparty-koalisie in Tshwane wil hê almal wat verantwoordelik was vir die negatiewe verslag van die ouditeur-generaal moet aanspreeklik gehou word. Die oudit het die stad aangespreek oor verkwiste uitgawes en droewige finansies. Die nasionale voorsitter van ActionSA, Michael Beaumont, sê hulle is besorg oor die verslag en daar moet gevolge wees. Hy sê munisipale amptenare en politieke leiers moet aanspreeklik gehou word. Beaumont sê hulle neem die verslag op hersiening.