Afgedankte winkel-werkers op Rundu betoog weer

Die afgedankte werknemers van Rundu Cash and Carry het vandag weer ‘n betoging gehou teen hul beweerde onbillike afdankings en onwettige salarisaftrekkings. Die werknemers se afdanking spruit uit ‘n vroeëre protes-optog teen onbillike behandeling en lae salarisse. Die winkel het dadelik nuwe werknemers in hul plek aangestel. Die afgedankte werkers se petisie is ontvang deur die goewerneur van die Kavango-Wes-streek, Bonifatius Wakudumo.