DA lê klagte van rampokkery en ander misdade teen ANC

Die DA het strafregtelike aanklagte teen die ANC gelê en beweer dit het as ʼn misdaadsindikaat opgetree. Die hoofsweep van die party, Natasha Mazzone, en ʼn DA-parlementslid, Cilliers Brink, het die klagtes by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie ingedien. Mazzone voer in haar beëdigde verklaring aan die vrystelling van die staatskapingsverslae oor die afgelope ses maande, het verdere inligting oor korrupsie, rampokkery en die plundering van openbare fondse blootgelê oor die lengte en breedte van die ANC-beheerde staat. Brink sê die ANC is die middelpunt van staatskaping: