Groot geld word gemaak met die Oekraïnse oorlog

Terwyl die oorlog in die Oekraïne berigte van oorlogmisdade na vore bring, die vredesbalans in Europa versteur het, voedselwaardekettings ontwrig het en verbruikers regoor die wêreld onder druk geplaas met stygende brandstofpryse, is daar sommiges wat die konflik so lank as moontlik wil laat duur. Volgens berigte het winste in oliemaatskappye met 300 persent gestyg terwyl ‘n land soos Noorweë net vanjaar 150 miljard euro sal verdien uit sy oliebronne. Maar die groot wenners is maatskappye wat kunsmis en wapens vervaardig. Winste vir kunsmis wissel met stygings van tussen 40 en 147 persent terwyl die waarde aandele in wapenmaatskappye regoor die wêreld met 150 persent gestyg het. Talle Europese lande bou weer hulle militêre hardeware op en natuurlik, wapens moet ook na die Oekraïne vervoer word. En Rusland het ook wapens nodig. Nan Tian, ‘n navorser by die Vredesnavorsingsinstituut in Stokholm, Swede, is aan die woord.