Tanzaniese afvaardiging op weeklange besoek in Namibië

Die Namibiese regering sal gasheer speel vir ‘n afvaardiging van Tanzanië. Die groep kom Saterdag in Namibië aan en sal samesprekings met plaaslike owerhede tot 9 Julie voer. Elijah Mukobonda, woordvoerder by die handelsministerie sê verskeie sektore sal onder die loep kom.