DA: Kubaanse program nie die oplossing vir tekort aan dokters

Die DA sê dit is duidelik dat die Nelson Mandela/Fidel Castro Mediese Samewerkings-program nié die antwoord is op Suid-Afrika se toenemende tekort aan dokters nie. Volgens die party het net 6 617 studente gegradueer sedert die program in 1996 begin het. Die DA-lid, Haseena Ismail, sê dit wil voorkom of die Kubaanse mediese program nie in die beste belang van die studente is nie.