DA: Kragopwekkers vir minister, terwyl nasie in donker sukkel

Die DA doen ‘n beroep op die ANC-regering om hulp aan kwesbare Suid-Afrikaners voorop te stel, in plaas van om meer as 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand te bestee om die ligte by ministers se huise te laat brand. Samantha Graham-Maré van die DA sê volgens nuusberigte het die departement van openbare werke verlede jaar meer as 1,3 miljoen rand bestee om kragopwekkers in ministers se huise te laat insit, en hierdie jaar nog 681 000 rand.